© All rights reserved - All products are in PDF format for self printing. No resource may be reproduced or resold whatsoever!

Sterre in die hemel - My kind verloor 'n geliefde
Sterre in die hemel - My kind verloor 'n geliefde
  • Load image into Gallery viewer, Sterre in die hemel - My kind verloor 'n geliefde
  • Load image into Gallery viewer, Sterre in die hemel - My kind verloor 'n geliefde

Sterre in die hemel - My kind verloor 'n geliefde

Regular price
R 85
Sale price
R 85
Regular price
R 0
Sold out
Unit price
per 
VAT included. Shipping calculated at checkout.

Met die hulp van Zandri Grimbeek - Geregistreerde Berader, is Wolfie Designs besig om 'n reeks Sielkunde hulpmiddels te ontwerp.

“Wat is besig om te gebeur?” het almal vir mekaar gefluister. “Dit is wat gebeur in die herfs tyd,” het Daniël vir hulle vertel. “Dit is tyd vir blare om hulle huisies te skuif. Sommige mense praat van 'om dood te gaan'.”

“Gaan ons almal doodgaan?” het Frikkie gevra. “Ja,” het Daniël geantwoord. “Alles gaan dood. Maak nie saak hoe klein of groot, hoe sterk of swak nie. Ons moet eers ons doel op aarde verrig.”

“Ek gaan nie doodgaan nie,” sê Frikkie vol determinasie. “Gaan jy, Daniël?” “Ja,” antwoord Daniël. “Wanneer dit my tyd is.” “Wanneer is dit?” vra Frikkie. “Niemand weet verseker nie,” het Daniël geantwoord.

Wat verstaan kinders van die dood? Hoe verwerk hulle dit wanneer iemand naby aan hulle sterf? Hoe verwerk hulle dit wanneer hulle 'n geliefde verloor?

Hierdie waardevolle boekie het 45 bladsye en behels die volgende:

1. 'n Storie van Frikkie die blaar, om die dood op 'n kindervriendelike manier te verduidelik. (In hierdie storie word Christelike waardes en die hemel beklemtoon.)

2. 'n Pragtige onthou boekie wat voltooi kan word om die geliefde se herinneringe vas te vang.

3. Vier praktiese aktiwiteite wat die kind lei om die dood van 'n geliefde beter te verstaan en hoe om dit te hanteer.

4. Hoe om emosies op die regte manier te hanteer: kwaad, skuldig, hartseer, bang, angstig, verward.

5. Voltooi die padkaart van jou hart.

6. 'n Selfhelp plan wanneer die hartseer gevoelens hul opwagting maak.

7. My hantering lysie.

8. Die 6 pilare van rou.

9. Die 5 stappe van rou.

10. Die 4 ontwikkelingsfases van die dood. (Ouderdomme 2 jaar en ouer)

11. Wenke aan ouers wat kinders het en ‘n geliefde verloor het.

12. Wat kan ek as ouer doen wanneer my kind getraumatiseerd is na die afsterwe van `n geliefde?

Hierdie hulpmiddel mag onder geen omstandighede herverkoop word of versprei word nie. 

PDF-formaat.