Met die hulp van Zandri Grimbeek - Geregistreerde Berader, is Wolfie Designs besig om 'n reeks Sielkunde hulpmiddels te ontwerp.
Party kinders dink dat dit hulle skuld is dat Mamma en Pappa gaan skei, maar dit is nie waar nie. Wanneer Pappa en Mamma skei, is hulle nogsteeds baie lief vir hulle kinders. Mamma en Pappa skei net omdat hulle nie meer gelukkig is by mekaar nie.
Hierdie waardevolle boekie het 20 bladsye en behels die volgende:
1. Wat beteken egskeiding?
2. Opsomming van egskeiding.
3. Agt praktiese aktiwiteite wat die kind lei om egskeiding beter te verstaan en hoe om dit te hanteer.
4. Hoe om emosies op die regte manier te hanteer: kwaad, hartseer, bang.
Hierdie hulpmiddel mag onder geen omstandighede herverkoop word of versprei word nie.
PDF-formaat.