Met die hulp van Zandri Grimbeek - Geregistreerde Berader, is Wolfie Designs besig om 'n reeks Sielkunde hulpmiddels te ontwerp.
Net soos die papegaai in die storie het ons partykeer 'n boelie in ons lewe. Ons hoor die papegaai (boelie) en ons glo die papegaai (boelie). Ons hoor die boelie se stem in ons, en ons kies om die boelie se stem te glo. Ons word nou ontsteld en dit beïnvloed hoe ons lewe en optree.
Dit beïnvloed hoe ons teenoor ander optree, hoe ons is, wat ons dink oor ander mense en hoe ons oor die wêreld dink. Dit beïnvloed hoe ons oor onsself dink.
Ons moet leer om die volgende woorde te sê: “Dis net 'n papegaai. Ek kan die hok toegooi!”
Hierdie waardevolle boekie het 34 bladsye en behels die volgende:
1. Twee stories om die betekenis van boelie mooi te verduidelik.
2. Vier praktiese aktiwiteite om jou kind mooi te leer wat 'n boelie is en om hulle voor te berei oor hoe om 'n boelie te hanteer.
3. Die bespreking van verskillende tipes boelies en hoe om hulle te identifiseer.
4. Die gevolge vir 'n kind wat geboelie word.
5. Die 4 SPRONG BLOK wat ons moet volg wanneer ons geboelie word.
6. Die 5 VINGER REËL teen boelies.
7. Die volgende emosies word behandel: kwaad, frustreerd, bang, hartseer, skaam.
8. Iemand het my geboelie. Wat nou?
9. Verskeie punte om te doen om die kind se selfbeeld te versterk.
10. Nege wenke vir ouers met 'n kind wat geboelie is.
11. Twee sertifikate van dapperheid - een vir 'n meisie en seun.
Hierdie hulpmiddel mag onder geen omstandighede herverkoop word of versprei word nie.
PDF-formaat.