
Kry R60 afslag indien jy al 3 Ondersteuning boekies TAAL koop.
Dit is meer as 600 bladsye se werk!
Wat behels elke boekie?
Graad 1:
Hierdie is 'n PROPVOL boekie van 200 bladsye wat die leerder ondersteun met die volgende konsepte:
- Trek die lyne na (baie belangrik vir skryfvaardighede)
- Die alfabet (oefen om elke letter te skryf - hoofletter en kleinletter)
- Oefen om die klankies te skryf (a, e, i, o, u, y, aa, ee, oo, uu, ou, ie, ei, ui, eu, oe)
- 'n Oulike, unieke klanke storie vir al 16 klankies.
- Die a, e, i, o, u, y klankies het elkeen 8 verskillende werkkaarte om die klankies vas te lê.
- Die aa, ee, oo, uu, ou, ie, ei, ui, eu, oe klankies het elkeen 7 verskillende werkkaarte om die klankies vas te lê.
- Verskeie gemengde klankies werkkaarte waar die klankies deurmekaar gemeng is vir klank vaslegging.
- Kleur die prente volgens klankies in.
- Meervoude werkvelle
- Logiese opeenvolging werkkaarte - prente met sinne daarby wat uitgeknip moet word en in die regte volgorde weer gepak moet word.
- 10 Kort, unieke begripstoetse met 5 begripsvrae elk en 'n prent om in te kleur.
Graad 2:
Hierdie is 'n PROPVOL boekie van 230 bladsye wat die leerder ondersteun met die volgende konsepte:
- Hersiening van al die Graad 1 klankies (met 'n unieke, oulike storie vir elke enkelklankie)
- Oefen die volgende beginklankies:
br-, tr-, dr-, fr- vr-, fl-, f-, v-, g-, ver-, be-, sp-, kn-, kl-, sk-, st-, sl-, pl-, sw-, dw-, kw-, tw-, gr-, gl-, spr-, str-, skr-
- Oefen die volgende eindklankies:
-aai, -ooi, -oei, -eeu, -t, -d, -rt, -nt, -rd, -nd, -lf, -lp, -lt, -ld, -lg, -rp, -ls, -ks, -ts, -lm, -rm, -rg, -ng, -nk
- Gemenge klankies oefeninge
- 'b' en 'd' verwarring werkvelle
- 'b' en 't' verwarring werkvelle
- 'f' en 'v' verwarring werkvelle
- Lettergrepe werkvelle
- Manlik en vroulik werkvelle
- Meervoude werkvelle
- Verkleinwoorde werkvelle
- Voorsetsels werkvelle
- Trappe van vergelyking werkvelle
- Teenoorgesteldes werlvelle
- Leestekens werkvelle
- 10 Unieke begripstoetse met 10 begripsvrae elk.
Graad 3:
Hierdie is 'n PROPVOL boekie van 200 bladsye wat die leerder ondersteun met die volgende konsepte:
Oefen die volgende klankies:
a, e, i, o, u, aa, ee, oo, uu, oe, ou, ei, eu, ie, ei, ai, eeu, ooi, aai, oei
bl-, br-, dr-, fl-, fr-, gl-, gr-, kl-, kn-, kr-, pl-, pr-, ps-, sj-, sf-, sk-, sl-, sm-, sn-, sp-, st-, sw-, dw-, kw-, tw-, tj-, tr-, vl-, vr-, wr-, sk-, spr-, str-, spl-, -ld, -lf, -lk, -ls, -nk, -ng, -rd, -rt, -mp, -rp, -nd, -nt, -rg, -rf, -rk, -rm, -rs, -rfs, -ns, -er, -es, -el, -en, -lm, -ks, -gs, -ts, -ts, -like, -ige
- ‘f’ en ‘v’ verwarring werkvelle
-‘d’ en ‘t’ verwarring werkvelle
- Sinonieme werkvelle
- Antonieme werkvelle
- Homofone werkvelle
- Samestellings werkvelle
- Meervoude werkvelle
- Verkleinwoorde werkvelle
- Lettergrepe werkvelle
- Vergelykings werkvelle
- Alfabetiese volgorde werkvelle
- Trappe van vergelyking werkvelle
- Beroepe werkvelle
- Ontkenning werkvelle
- Alfabet werkvelle
- Woordsoorte werkvelle: Selfstandige naamwoord, byvoeglike naamwoord, werkwoord, bywoord, voornaamwoord, voegwoord
- Leestekens werkvelle
- Dae van die week werkvelle
- Maande van die jaar werkvelle
- Seisoene werkvelle
- Manlike en vroulik werkvelle
- Idiome werkvelle
- Verlede tyd werkvelle
- Toekomende tyd werkvelle
- Hede werkvelle
- Kleur 2 prente volgens klankies in
- 20 Unieke begripstoetse met 10 begripsvrae elk
- 4 Leë speltoetse (Punte uit 10, 20, 30 en 40)
Hierdie boekies is spesifiek daar vir ondersteuning vir die Graad 1, 2 en 3 leerder en is PERFEK vir ouers / onderwysers wat tuisonderrig doen.
Hierdie boekies sal ook BAIE ondersteuning bied vir enige Juffrou wat ekstra, oulike werkvelle benodig.
Wolfie Designs is trots op KWALITEIT werk!