
Hierdie is 'n REUSE pakket wat 330 bladsye bevat.
Die pakket is opgestel om klankies aan die kind bekend te stel, asook EKSTRA HULP vir kinders wat sukkel met lees / klankies.
Daar is 2 boekies:
1. Kleine Wolfie leer van klankies (235 bladsye)
- Bestaan uit die 26 letters van die alfabet.
- Elke alfabet letter het 'n unieke, pret storie en illustrasie om die klankie aan die kind bekend te stel.
- Flitskaarte met woorde - knip dit uit, die kind herken die prente en pas die woord daarby.
- Soek die letters en kleur dit in.
- Sensoriese aktiwiteit van elke letter.
- Die kind trek die letter se rigting met sy/haar vinger na.
- Soek letters in tydskrifte en plak dit.
- Oefen om die hoofletter en kleinletter te skryf.
- Knip aktiwiteit: plak die prent in 'n blok wat met die klankie begin.
- Alfabet letters om te lamineer en woorde te bou.
- Woordsoek: Kyk na die prente en vind die woord tussen verskillende letters.
2. Kleine Wolfie leer lees (95 bladsye)
- 10 Kort stories (meestal 3-letter woorde) met pragtige prente sodat woorde maklik herken kan word.
- Groot sigwoorde in blokke om te lamineer en vir vaslegging van woorde te gebruik.
- Woordsoek aktiwiteit na elke storie om die sigwoorde vas te lê.
Hierdie pakket is digitaal in PDF-formaat en moet self geprint word.
Wolfie Designs is trots op KWALITEIT werk!