Hierdie is 'n PROPVOL boekie van 200 bladsye wat die leerder ondersteun met die volgende konsepte:
- Trek die lyne na (baie belangrik vir skryfvaardighede)
- Die alfabet (oefen om elke letter te skryf - hoofletter en kleinletter)
- Oefen om die klankies te skryf (a, e, i, o, u, y, aa, ee, oo, uu, ou, ie, ei, ui, eu, oe)
- 'n Oulike, unieke klanke storie vir al 16 klankies.
- Die a, e, i, o, u, y klankies het elkeen 8 verskillende werkkaarte om die klankies vas te lê.
- Die aa, ee, oo, uu, ou, ie, ei, ui, eu, oe klankies het elkeen 7 verskillende werkkaarte om die klankies vas te lê.
- Verskeie gemengde klankies werkkaarte waar die klankies deurmekaar gemeng is vir klank vaslegging.
- Kleur die prente volgens klankies in.
- Meervoude werkvelle
- Logiese opeenvolging werkkaarte - prente met sinne daarby wat uitgeknip moet word en in die regte volgorde weer gepak moet word.
- 10 Kort, unieke begripstoetse met 5 begripsvrae elk en 'n prent om in te kleur.
Hierdie boekie is spesifiek daar vir ondersteuning vir die Graad 1 leerder en is PERFEK vir ouers / onderwysers wat tuisonderrig doen.
Hierdie boekie sal ook BAIE ondersteuning bied vir enige Juffrou wat ekstra, oulike werkvelle benodig.
Wolfie Designs is trots op KWALITEIT werk!